|
Die maatskaplike werker is deel van die terapeutiese
hulpspan by Jan Krielskool. Sy dien as skakel tussen
die skool, die koshuis en die ouers. Probleem situasies,
onder andere ongereelde skoolbywoning, verwaarlosing
en beweerde mishandeling wat deur die personeel
geïdentifiseer is,word ondersoek en hanteer.
Leerders met ernstige gedragsprobleme word toenemend
verwys en word in noue spanverband hanteer. Alle
hulpbronne word ondersoek en benut in die hulpverleningsproses
aan ‘n leerder en sy ouer(s). Berading word
gebied aan leerders.
Die maatskaplike werker hanteer die subsidie aansoeke
met betrekking tot die skool-/koshuisgeld en maak
aanbevelings vir die skool nadat ‘n deeglike
ondersoek na die finansiële en huislike omstandighede
van die aansoekers ingestel is. Deurlopende ondersteuning
aan behoeftige ouers en leerders word gebied, asook
verwysings na ander hulpverleningsbronne in gemeenskappe.
Ouerleiding en ondersteuning word aan ouers gebied
deur middel van gereelde tuisbesoeke.
‘n Nasorgdiens word gebied aan oud-skoliere.
Dit sluit, onder andere, ondersteuning en leiding
met betrekking tot verdere opleiding en werkplasings
in.
|