|
Daar is twee fisioterapeute werksaam by Jan Krielskool.
Dienste word aan leerders van graad R tot 12 gelewer
waar nodig.
Fisioterapie is gerig op die ontwikkeling van motoriese
vaardighede wat ‘n rol speel in skolastiese
vordering. Hierdie vaardighede sluit balans en koördinasie
in. Fisiese gestremde leerders ontvang terapie wat
gerig is op die bevordering van onafhanklikheid
en/of instandhouding van funksie.
Fisioterapie het die volgende ten doel:
-
Graad R tot Graad 3 leerders
met ontwikkelingsagterstande word geidentifiseer
en assesseer en ontwikkeling word aangemoedig.
-
Terapie om balans en motoriese
vaardighede te ontwikkel en verbeterword op individuele
basis en in groepsverband aangebied. Stimulasieprogramme
om bogenoemde aan te spreek word volgens elke
leerder se behoefte aangepas.
-
In klasse word die posisie van
elke leerder se bank so aangepas dat elke leerder
maksimale aandag kan kry, maar ook sodat die leerder
se aandag en konsentrasie maksimaal benut kan
word.
-
Fisies gestremde leerders word
so in hulle rystoele geposisioneer dat deformiteite
en sekondêre komplikasies soos druksere
voorkom kan word. Spiere en gewrigte word gestrek
en mobiliseer sodat omvang van beweging behou
of verbeter word.
-
Sportbeserings wat tydens sport
soos toutrek, rugby en netbal opgedoen word, word
behandel.
|