 |
|
|
|
Waarom Jan Kriel? » |
|
|
Inleiding |
WAT ONDERSKEI ONDERRIG BY JAN KRIELSKOOL VAN
ANDER SKOLE? |
- Klasgroepe is beduidend kleiner as in hoofstroomonderrig.
- Onderrigtegnieke word aangepas om die indiwiduele
onderwysbehoeftes van leerders aan te spreek.
- Hier word gepoog om die akademiese ontwikkeling
van leerders te bevorder, om hulle selfvertroue
te herstel en te bou en om hulle ook met die nodige
vaardighede toe te rus sodat hulle weer, indien
enigsins moontlik, in hoofstroomonderwys kan voortgaan.
- ‘n Arbeidsterapeut, ‘n spraaktaalterapeut
en ‘n fisioterapeut spreek onderskeidelik
perseptuele-, spraak- en taalagterstande en fisiese
agterstande in noue samewerking met die klasopvoeder
aan.
- Leerders met ernstige leeragterstande word ondersteun
deurdat leeswerk en leermateriaal op MP3 spelers
aangebied word. Toets- en eksamenmateriaal word
verbaal of digital aangebied aan leerders, selfs
gedurende die eksterne Senior Sertifikaat Eksamen
in Graad 12.
- Leerders wat ernstige probleme ondervind om hulle
kennis in geskrewe vorm weer te gee, word ondersteun
deur amanuensis. Dit is wanneer ‘n opvoeder,
opgeleide transkribeerder of ‘n terapeut vir
leerders die toets- of eksamenopdragte lees en die
leerder se respons verbatim neerskryf. Langer tyd
word toegelaat vir leerders met stadige skryfspoed
of probleme met fisiese skryfvaardighede.
- Twee verpleegkundiges versorg leerders wat mediese
toesig benodig, monitor gereelde gebruik en effektiwiteit
van medikasie (bv. vir epilepsie en ADHD) en dien
as skakel met opvoeders, mediese personeel en ouers.
- Die dienste van ‘n EEG tegnikus is beskikbaar
sou EEG ondersoeke, as deel van die program vir
effektiewe beheer en stabilisering van toevalle,
deur ‘n pediater aangevra word.
- Drie sielkundiges hanteer toelatings en ontslagte
van leerders. Hulle gee aan leerders berading vir
persoonlike en skolastiese probleme, vakkeuses,
beroepsmoontlikhede en studiemetodes. Hulle bied
ook leiding aan ouers en koördineer die funksionering
van die multi-professionele span. Enige leerder
wat gereelde en intensiewe terapie benodig, word
gewoonlik verwys na ‘n privaatpraktyk sielkundige
of na ‘n psigiater.
- ‘n Maatskaplike werker vorm ook deel van
die span en gee leiding aan
ouers oor aspekte buite skoolverband wat die welstand
van ons leerders mag raak. Sy hanteer ook die aansoeke
van subsidies.
- Die fisioterapeut en arbeidsterapeut bied terapie
en werksvoorbereiding vir senior leerders en gee
spesiale aandag aan fisies-gestremde leerders, insluitend
leerders in rolstoele. Hulle is ook betrokke as
afrigters en organiseerders van sport vir gestremdes
in die skool sowel as op nasionale vlak.
- Drie gekwalifiseerde oudioloë en twee spraaktaal-
en gehoorterapeute sien om na die leerders met gehoorverlies
(gehoorapparate sowel as kogleêre inplantings).
Berading aan leerders en ouers sluit in die verskaffing
van inligting, monitering van gehoorstatus asook
middeloorfunksionering. Diens aan gehoorgestremde
leerders sluit terapie oor die algemene versorging
van apparate, gepaste verwysings en gehoorrehabilitasie
in.
|
Onderrig |
| Onderrig vir graad R tot graad 12 leerders vind by Jan Krielskool vind plaas volgens die Nasionale Kurrikulum. Klein klasgroepe en individuele leerprogramme ondersteun grootliks ons span-benadering en remediërende inslag. |
| |
Tipiese Profiel van die Jan Krielleerder |
| Leerders wat die meeste baat vind by onderrig in Jan
Krielskool is leerders wie, ten spyte van toereikende kognitiewe potensiaal
met betrekking tot begrip, redenering, abstrakte
denke, verbale uitdrukking en geheue, steeds leerhindernisse
in ontwikkeling en leer ervaar.
Hierdie spesifieke leerhindernisse mag as volg manifesteer/sluit
in
- beduidende agterstande in spesifieke perseptuele
vaardighede wat benodig word vir formele leer.
- beduidende agterstande in taalontwikkeling (begrip
en/of verbale uitdrukking, lees, spel en/of geskrewe
taal).
- beduidende agterstande in syfervaardighede.
- onvermoë om konsentrasie vol te hou en om
take te voltooi as gevolg van ‘n kort aandagspan
en/of hiperaktiwiteit.
- spesifieke leerbehoeftes wat nie voldoende in
die hoofstroomonderwys aangespreek kon word nie.
- sensoriese inperkings (visueel of ouditief) wat
deur ‘n korrekte bril of gepaste gehoorversterking/apparaat
aangespreek kan word, waarna spesiale onderwys toegepas
kan word.
- met mediese of fisiese toestande wat epilepsie
en fisiese gestremdheid insluit, wat slegs binne
die infrastruktuur van Jan Krielskool aangespreek
kan word.
Ingevolge die beleid van die Weskaap Onderwys Departement,
mag leerders
van ander provinsies nie in Jan Krielskool toegelaat
word tensy daar ooreengekom is met die Direktoraat
van Spesiale Onderwys se departement nie.
|
| |
Jan Krielskool se Visie |
| Elke leerder moet met sy/haar unieke onderwysbehoeftes sy/haar volle potensiaal bereik om sinvol en onafhanklik in die samelewing aan te pas en te groei tot volwassenheid.
|
| |
Jan Krielskool se Missie |
| Die leerder met spesifieke onderwys behoeftes word deur gespesialiseerde en verbesonderde struKture onderrig en ondersteun sodat elkeen geestelik, verstandelik en sosiaal sal groei om sy/haar volle potensiaal te verwesenlik. |
| |
Slagspreuk |
| 2008 - Anders, maar nie geringer nie |
| 2009 - Sukses |
| 2010 - Maak ‘n verskil |
| 2011 - Ons Bou |
| 2012 - Dankbaarheid |
Geskiedenis - Jan Krielskool |
Hierdie uitnemende sentrum vir die onderrig en
opleiding van leerders met spesiale onderwysbehoeftes
het n baie nederige ontstaan gehad. Ds. Kriel is tien
jaar na die dood van hulle 16-jarige seun, Jan, wat
aan epilepsie gely het, as voorsitter van die Algemene
Komitee van 14 verkies. Hulle het die ou pastorie
in Kuilsrivier in 1936 van die NGK gekoop, nadat besluit
is dat die onderrig van die kinders van die Jan Kriel
Tehuis en Skool voortaan onder die Departement van
Onderwys sal resorteer.
Mevrou Kriel se toewyding en onvermoeide harde werk
het tot die amptelike inwyding van die instansie op
4 Mei 1937 gelei. Sy was ‘n merkwaardige vrou
wat mense van oor die land heen deur haar geloof en
passie aangespoor het om by die saak van die kinders
van Jan Krielskool betrokke te raak. Fondse was broodnodig
om personeel aan te stel, geboue in te rig en ook
die groeiende aantal kinders te versorg. In 1939 koop
hulle landbougrond aan en die seuns neem hul intrek
in die koeistalle terwyl die perdestalle vir die Nuwe
Skool ingerig word.
In 1942 neem die NGK die bestuur van die instansie
oor en ontstaan die samewerking tussen die Onderwysdepartement
en die Jan Kriel-Instituut, soos dit vandag bekendstaan.
Hieruit volg die stelselmatige ontwikkeling van infrastruktuur
en die uitbreiding van hulp-strukture, wat tans aan
ongeveer 550 leerders geleenthede bied.
Hierdie gespesialiseerde onderrig en kundigheid sal
altyd duur wees, maar na meer as 70 jaar glo ons steeds
onwrikbaar in die waarde daarvan. ‘n Kind wat
hierheen verwys word, sal nie weens finansiële
onvermoë of geloofsoortuiging weggewys word nie.
|
|