| Jan Krielskool is bevoorreg om van
die beste sportfasiliteite in die omgewing te hê.
Die volgehoue uitbreiding en verbetering van hierdie
fasiliteite dra by tot die al groterwordende klem
wat sport geniet.
Die geestelike, akademiese en kulturele aktiwiteite
vorm saam met die beoefening van sport die pilare
waarop ons leerders se ontwikkeling gebou word. Die
sportveld is by uitstek die plek waar ‘n geknakte
selfbeeld weer herstel kan word en waar die belangrikheid
van die beoefening van sport vasgelê word. Karakterontwikkeling
en sosiale vaardigheid kry ook daar die nodige aandag.
|