Verskeie leerders (vanaf graad 1 – Matriek) neem jaarliks deel aan die Tygerbergse Eisteddfod. Die leerders word ingeskryf in die verskeie afdelings, soos Handskrif, Kuns, Spreekkoor en Voordrag. |
Me C Davis het die senior koor in 2003 begin met
12 lede. Hulle eerste optrede was by die jaarlikse
Koorfees waarvan Jan Krielskool die gasheer is.
Na hierdie optrede het Me Davis die koor se potensiaal
besef. Die koor tree gereeld op by die Tygerberg Eisteddfod,
Koorfees, Gala-aand en die laaste skooldag van die
matrieks.
Die koor moet verskeie uitdagings oorkom. Hulle het
net 45 minute per week beskikbaar vir konstruktiewe
oefentyd en net ‘n klein groepie leerders beskik
oor die nodige talent en toewyding. Daar is ook gebrek
aan ‘n voltydse begeleier.
Dit is aangrypend om te sien hoe leerders die kooroefening
geniet en hoe dit bydra tot die verandering in gedragspatrone
onder die leerders. Die koorlede geniet dit om voor
hul maats op te tree.
|
| Daar is tans ongeveer 60 leerders wat betrokke is
by die VCSV waarvan 45 leerders die byeenkoms gereeld
bywoon. ‘n Span van 7 leerkragte help met die
organisering en geestelike bearbeiding binne die VCSV.
Ons het sopas ons jaarlikse kamp te Tulbagh Watervalkampterrein
gehad, en wat ‘n wonderlike ervaring was dit!
Een van die jeugwerkers/leraars in die gemeenskap
het met ‘n span van 6 jongmense die programme
vir ons aangebied.
Die leerders kies self hulle kringleiers. Vanjaar
is daar 10 leiers wat verantwoordelik is om maats
in te trek en te begelei in hulle geestelike groei.
Hulle vergader weekliks om programme saam te stel
vir die groter byeenkoms wat elke Woensdag plaasvind.
Ons het ‘n kompetisie geloods tussen die lede
met die doel om ‘n eie naam vir ons groep te
vind.
T.U.G. – The Ultimate Generation sal volgende
kwartaal bekend gestel word, met ons eie, nuwe embleem
op T-hemde en naambordjies. |
Elke Woensdag bied die sekondêre skool ‘n
Kultuur- of lewensvaardigheidsprogram aan waartydens
‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aangebied
word.
Voorbeelde is sprekers oor lewensvaardighede, ‘n
gesonde lewenstyl, talentkompetisies, musiekprogramme,
sangers, kunstenaars, bewusmaking van hul erfenis,
omgewingbewaring, filmstudie, voorlees, vasvra, algemene
kennis, sportsterre wat die skool besoek, instrumentale
musiekvertonings.
|