As dubbelmediumskool is dit ons strewe om Afrikaans-
en Engelssprekende leerders te verenig in ‘n hegte
skoolgemeenskap waarin die taal en kultuur van albei
groepe eerbiedig en bevorder word.
Skoolafdeling
| Graad R |
Pre-primêr |
| Grondslagfase |
Graad 1 tot 3 |
| Intermediêre fase |
Graad 4 tot 6 |
| Senior fase |
Graad 7 tot 9 |
| VOO |
Graad 10 tot 12 |
Die standaard van werk is gelykstaande aan dié
van hoofstroom skole. Aan die einde van graad 12 skryf
Jan Krielskoolleerders die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.
Skooltye
| Maandag |
07:45 – 13:00 (Sport 13:00 – 14:15) |
| Dinsdag |
07:45 – 14:15 |
| Woensdag |
07:45 – 14:15 |
| Donderdag |
07:45 – 13:00 (Sport 13:00 – 14:15) |
| Vrydag |
07:45 – 13:30 |
Graad R- tot 2-leerders mag om 13:00 huis toe gaan
op Dinsdae, Woensdae en Vrydae. Leerders vanaf graad
3 volg die bogenoemde program. |